"binne in my doef, doef"
Silver Somers het die eerste keer gedans op een-en-dertig, vroeg na sy en haar eks kΓͺrel uit mekaar is. Sy was een Dinsdagaand by die gym se βn step-klas. Gewoonlik kon sy by bly met die beginner en intermediate passies, maar sodra daar draaie bygevoeg word of die instrukteur te vinnig spring van beginner na advanced passies, verloor sy heeltemal haar koΓΆrdinasie. Dis wat hierdie Dinsdagaand gebeur het - sy kon nie byhou of die passies kop nie. Toe sy die aand by die huis stop, voel sy sommer net goor en teleurgesteld in haar eie vermoΓ«. Moedeloos sit sy in die kar en huil. Oor die radio begin Pat Benatar se βAll Fired Upβ toe speel en met haar woorde βI believe there comes a time when everything just falls in lineβ, raak Pat aan βn waarheid wat homself oor die laaste paar jaar in Silver se geloof ingeweef het - dat alles, met tyd, in plek sal val. Pat het nie net aan Silver se hartsnare geraak met hierdie lied nie, maar die beat en βn klein vonk in haar aangesteek, die lus om te dans in haar wakker gemaak. Sy het die liedjie op haar foon gesave en daardie Dinsdagaand so paar keer haar voet getap op die ritme.
Die volgende Dinsdagaand, weereens na βn half-suksesvolle poging tot βn step-klas, onthou Silver weer Pat se liedjie. In haar kamer luister sy na die liedjie en begin om haar bed dans. Na βn paar keer, met die lied op repeat, is haar twee linker voete van die step-klas gou vergete - en bons Silver, vol vreugde met βn stel airdrums, in haar kamer rond. In die daaropvolgende weke, kom Silver hier en daar, nog βn liedjie teΓ« wat haar laat saam beweeg op die beat. Sy vat toe Pat se βAll Fired Upβ en die nuwe dans liedjies, maak βn playlist en benoem hom DansDag.
Dit gebeur toe dat Silver meeste Dinsdae aande, op haar DansDag playlist in die huis rond dans. Een Dinsdagaand doop Silver hierdie dag en ritueel as #DinsdagIsDansdag. Daarna het Silver vir jare, elke Dinsdagaand, haar DansDag playlist op shuffle gespeel en gedans tot Pat se βAll Fired Upβ die aand se dans-ritueel afsluit. En so groei Silver van βn meisie wat geglo het sy kan nie dans nie, na βn vrou wat elke Dinsdagaand haar hart uit dans.
"asseblief sit sagter daardie gedoef, doef, doef"
Van kleins af het Silver of sy in muur na muur vas gedans. In graad een was sy te vet om in die ballet klas, tussen haar petit klasmaats, ernstig opgeneem te word. Deur laerskool en hoΓ«rskool was sy nooit gekies vir die revue of gevra om te dans by βn skool-sokkie nie. Op universiteit, het sy by elke social saam βn mans-koshuis net gesit en kyk hoe al die meisies om haar gevra word om te dans, hoe hulle geleer word om te sokkie, maar nie sy nie. Hier het sy geleer, βn vrou mag net dans as sy βn man het.
Haar ouers en familie het gereeld gedans op naweke, maar dit het ongelukkig gewoonlik gepaard gegaan met baie alkohol en βn bakleiery of kar wat rol teen die einde van die aan. Selfs Silver se huis was stil en βn harde radio haar pa se grootste vyand.
"βn doef in die club"
Ten spyte van haar komplekse verhouding met dans en te danke aan haar DansDag ritueel, het dinge tog begin verander. Het Silwer, verander van meisie wat geglo het sy kan nie dans nie, na βn vrou wat elke keer, wanneer sy die dansvloer betree, wegstap met βn sak vol komplimente. Vroeg na Silver Kaap toe getrek het, was sy by haar eerste music festival - op βn plaas in Gansbaai. Hier het Silwer vir die eerste keer voor of saam ander mense gedans. Toe die trompet daardie Saterdagaand, die hemel in blaas, het dit vir haar gevoel asof die sterre bo haar oopmaak en diamante op haar reΓ«n. Daardie was die aand wat sy al haar insecurties oor haar liggaam, haar dans styl afgeskud het, daardie aand - tussen ander mense wat almal hul harte uit dans, het Silver die toestemming gekry om ook haar liggaam oor te gee aan die doef doef.
Die dans-gogga het behoorlik gebyt, en daarna het Silver haarself gereeld op βn dansvloer in die stad bevind. βn Disco aand hier, βn Techno aand daar - Silver het gou besef, as sy haar Pβladies en sonbril aanhet, haar oΓ« toe maak, asem haal en oorgee aan die beat, raak haar liggaam βn instrument ongeag van die tipe musiek wat speel.
"afrikaans en vol plesier"
Selfs na al die aande in die clubs, het Silwer steeds gevoel daar is βn vermiste element in haar dans lewe. Dit was eers toe Synth Peter se βDoef Doefβ eendag in βn random shuffle oor haar oorfone begin speel, wat sy besef het wat daardie vermiste element was. Haar taal! Om te dans in haar eie taal was vir Silver βn tuiskoms. Met haar DansDag playlist, vol Engelse liedjies, besluit Silwer toe op βn nuwe playlist, een vir Afrikaans. Sy vat toe Synth Peter se βDoef Doefβ en skep βn nuwe playlist: βπdans_in_my_taalβ. Silver se playlist het vinnig gegroei - van Parrow tot Kurt, van Techno tot sy lelike stief-sussie Sokkie, van doef-doef tot untz-untz, van lirieke soos βmeisies skut jul holleβ tot ββn grasperk groter as godβ. Sowaar het Silwer besef - Afrikaans is vol plesier!
"want βn doef βn dag hou die dokter wag"
Vroeg in 2025 het daar βn donker wolk oor Silver se lewe beweeg, vir weke het sy op die bank gelΓͺ sonder rigting, sonder antwoord, sonder krag. Soos die weer maar doen, het hierdie donker wolk opgeklaar en verby beweeg. Toe die son weer sy kop begin wys agter die donker wolk, vra Silver haarself, wat is die dinge wat my lewe inkleur, wat is die dinge waar ek my vreugde vind - die dinge wat my laat aanhou leef? DANS! Dans was die eerste antwoord wat sy gekry het. Silver wonder toe, as ek vir myself βn uitdaging stel om elke dag te dans, sal keer dat die donker wolke my weer onder kry.
Dit gebeur toe dat Silver daardie dag weer van die Golden Ratio hoor. Sy het dit gaan Google en leer toe dat Fibonacci se reeks na die Golden Ratio lei en dit wiskundig beskryf. Sy het eenkeer op βn podcast (oor motivation en reward systems) gehoor - wanneer dit kom by nuwe gewoontes bou, is dit belangrik om jouself te reward, maar omdat ons sisteme gou gewoond raak aan patrone, is dit belangrik dat hierdie rewards, op random intervals toegeken word. Wanneer die rewards nie random is nie, byvoorbeel, jy kry weekliks βn reward - begin jou sisteem daardie reward verwag, en verminder die satisfaksie wat jy daaruit kry. Met diΓ© kennis formuleer Silver toe vir haarself die volgende uitdaging vir die komende honderd-vier-en-veertig dae - πͺ©DANS_DAG.
πͺ©DANS_DAG
Opdrag: Dans elke dag vir 144 dae
Doel: βhou die dokter wagβ
ReΓ«ls:
Dans ten minste 5-10 min elke dag
Dans in Afrikaans
Rewards: merk elke Fibonacci dag as βn reward dag en beloon jouself daardie dag as jy steeds βn 85% dans gemiddeld handhaaf
Sluit 8 rus dae in - rus wanneer jou liggaam dit regtig nodig het
Kriteria:
Bereik 85%+ om πͺ©DANS_DAG suksesvol te voltooi
Met haar nuwe uitdaging, sΓͺ sy vir haarself - jy hoef nie vir altyd te leef nie, Silver, maar probeer vir nog honderd-vier-en-veertig dae dans voor jy hier uitcheck. Sy kies haar rewards vir die uitdaging, βn stukkie koek, βn discobal, kleurvolle globes en liggies vir haar kamer - as sy elke dag gaan dans, kan sy dit netsowel doen in styl. Die rewards neem toe in waarde soos die Fibonacci getalle groter word, βn kaartjie na βn club vir dag 89, βn naweek weg vir dag 144.
Die volgende oggend, staan Silver op met βn doef in haar hart. Sy trek haar Pβladies aan, sit haar sonbril op, druk play op haar βπdans_in_my_taalβ playlist en begin in haar kamer dans. Dag na dag, doen sy dieselfde - vat βn breuk wanneer haar lyf smeek vir bietjie rus. Die rus was seker net nodig omdat sy meeste dae nie kon stop na 10 minute nie, dat sy so lekker gedans het en meeste dae aanhou dans vir 30-60 minute.
Silver se wildste drome kon haar nie voorberei vir die magic wat kom met elke dag se dans nie. Nie net het sy week na week haar Vitality oefen doelwitte bereik nie, maar sy het ook idees en drome los gedans wat haar na βn honderd-vier-en-veertig dae opgewonde het om aan te hou leef. Op 29 Junie 2025, voltooi Silver haar πͺ©DANS_DAG uitdaging met 90.3%, βn A+ en die geboorte van haar Danswolf.