"en ‘n grasperk groter as god"

Later die jaar, met lente, stel Spoegwolf hul nuwe album vry.  Selfs na 144 dae se dans op lirieke soos “kom en party saam met my en ons raak gesuip“ en “my naam is Adriaanus en die neighbours gaan dit weet as ek met jou klaar is“, cringe Silver steeds oor die lirieke van party Afrikaanse liedjies.  Haar eerste liefde lê steeds by Spoegwolf, gedurende die 144-dag uitdaging, het Silver selfs leer DJ sodat sy vir haarself ‘n paar Spoegwolf liedjies kan remix om op te dans.  So toe Spoegwolf, daardie lente, hul nuwe album afsluit met ‘n dans liedjie, is Silver in die hemel!  Sy gesels daardie lentedag met WJ - die man met die mooiste grasperk - oor die nuwe album. 

"ek sal aanhou, aanhou dans"

Met die semester goed op dreef, sien Silver eendag op haar countdown daar is net oor die 100 dae van 2025 oor.  Nie genoeg dae om nog ‘n 🪩DANS_DAG uitdaging in te werk nie - maar daar is 89 dae oor om aan te hou dans.  Silver besluit toe om ‘n TikTok channel te begin waar sy elke dag ‘n Afrikaanse dans liedjie deel en hopelik so, nog ‘n paar danswolwe op te spoor of inspireer om die jaar saam met haar uit te dans.